‘N Kort ek kragtige Bio van die wel bekende sanger Jurie Els

Jurie Els is ‘n bekende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Hy het bekendheid verwerf toe hy in 1991 as die algehele wenner van die eerste Noot vir Noot TV-vasvraprogram op televisie uit die stryd getree het. Els begin sy sangloopbaan in 1993 deur saam met Ken Mullan voor regstreekse gehore op te tree.

Sy album Vat-Vat, was ‘n platinumverkoper in 1995. Sedert 1994 het hy 36 albums/DVD’s die lig laat sien. Hy het sedert 1984 meer as 600 liedjies se lirieke vir meer as 50 Suid-Afrikaanse kunstenaars geskryf, insluitende treffers vir kunstenaars soos Sonja Herholdt, Rina Hugo, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Robbie Klay, OTH, Joanna Field, Caroline du Preez, Nádine en Patricia Lewis.

Els matrikuleer in 1981 van die Hoërskool Vrede en trou in 2005 met die hoogspringer en tweemalige Olimpiese silwermedalje-wenner Hestrie Cloete. Hulle het twee kinders: Chrizette en Jason John Els.


Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za , en ek sal jou vertel hoe !!


Els is in 2009 aangekla van onsedelike aanranding teen medesanger Robbie Klay. Die regter, Chris Eksteen, het Klay se getuienis as onvoldoende afgemaak en Els vrygespreek. Regter Eksteen het Klay as ‘n “patetiese getuie” bestempel wat die hof mislei en leuens vertel het. Die regter het in sy uitspraak gesê die vermoede bestaan dat Klay gemolesteer is, maar dat die identiteit van sy molesteerder onbekend is. Els het in sy getuienis ook onder eed bevestig dat hy aanvanklik vermoed het Klay is kleintyd gemolesteer.

Op 18 Februarie 2010 verwerp waarnemende regter Jan Hiemstra in die Pretoriase hooggeregshof Jenny Liebenberg, Robbie Klay se ma, se lastereis van R500 000 teen Jurie Els.

Jurie Els se outobiografie, Ver van vrede, het in September 2010 verskyn (ISBN 978-0-620-47529-7). Die uitgewer is Naledi. Die boek bestaan uit Els se lewensverhaal sowel as uitgebreide aanhalings uit die amptelike hooggeregshofrekord van Saak CC206 van 2009: Die Staat vs. C J ELS.

Op 30 November bevind 3 appèlregters in die appèlhof in Bloemfontein die hoofredakteur van Huisgenoot en You, Esmarè Weideman en Media24, skuldig aan minagting van die hof deurdat ‘n artikel waarin Robbie Klay Els van kindermolestering beskuldig het, gepubliseer is ten spyte van ‘n hooggeregshofbevel wat publikasie daarvan verbied het. Els stel in Februarie 2011 ‘n eis van R5,5 miljoen teen Media24 en Weideman in. Weideman is uiteindelik met R15 000 beboet en Media24 met R60 000.

Loer hier onder na een van sy gewilde musiekvideo’s:- Jurie Els – Stille Rivierstroom


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in GRATIS!


Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za , en ek sal jou vertel hoe !!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment